Koelkamer Koördineerder – Namakwaland – Namibia

‘n Standvastige maatskappy in Klein Pella, Namakwaland is opsoek na ‘n Koelkamer Koördineerder om by hulle span aan te sluit. Salaris is onderhandelbaar op grond van ondervinding en kwalifikasies.

Kwalifikasies en Ondervinding:

  • Toepaslike Diploma / tersiêre opleiding in Landbou of Finansiële bestuur met betrekking tot voorraad beheer en koördinering in koelkamers of pakstoor is ‘n vereiste.
  • Moet vlot in Afrikaans en Engels wees
  • Moet 3 – 5 jaar se ondervinding he as n Koelkamer Koördineerder

Daaglikse Take en Verandwoordelikhede:

  • Hoofsaaklik verantwoordelik vir die koördinering en beheer van voorraad in die pakstoor.
  • Algehele bestuur van koelkamers, vurkhyser operateur span, logistieke bestuur, Droog- en Stoomkamers bestuur sowel as die koördinering van dienste en inspeksies van masjienerie.
  • Bestuur van produk voorraad
  • Instandhouding van koelkamers
  • Bestuur van droog- en stoomkamers
  • Instandhouding van vurkhysers
  • Bestuur van voorraad span
  • Bestuur uitlaai en ontvangs
  • Koördinering van voorraad

cherise@whmrecruitment.co.za